KLEIN KAROO NUUS - Daar is uiteenlopende menings oor die dra van maskers deur die publiek. Skaars drie weke gelede het die Wes-Kaapse minister van gesondheid gevra dat lede van die publiek nie maskers moet dra nie.
Verlede Vrydag het die nasionale minister van gesondheid, dr. Zwelini Mkhize, egter 'n verklaring uitgereik waarin hy toegee dat die dra van lapmaskers deur die publiek, kan help om die verspreiding van die virus te voorkom, mits dit korrek gebruik word.
Die koronavirus word veral oorgedra deur met besmette hande aan die mond, neus en oë te vat en die voordeel van maskers is dat dit voorkom dat mense wat byvoorbeeld in 'n winkel is aan 'n besmette oppervlak raak en dan die virus na die gesig oordra.
Maskers verhoed ook dat mense wat hoes of nies die virus versprei as hulle 'n masker dra. Voorsorgmaatreëls is egter uiters belangrik en Mkhize het die volgende riglyne gegee:
• Die gesigmasker moet die mond en neus heeltemal bedek.
• Die masker moet nie afgeskuif word wanneer die draer daarvan praat, nies of hoes nie.
• Moenie aan die masker vroetel nie en moet onder geen. omstandighede die binnekant van die masker aanraak nie
• Was hande voordat en nadat die masker opgesit of verwyder word.
• Lapmaskers moet elke keer direk na gebruik met warm seepwater gewas word en gestryk word as dit droog is. 'n Masker mag dus net eenkeer gebruik word en sodra dit afgehaal word moet dit gewas word.
• Dit is raadsaam om ten minste twee maskers te hê sodat een gebruik kan word terwyl die ander een gewas word.
Uit ander inligting oor maskers wat bekom is, is dit duidelik dat maskers mens nie teen die virus vrywaar nie. Dit is ook nutteloos om 'n masker te gebruik as dit byvoorbeeld by tye om die nek gehang of op die voorkop geskuif word.
Wanneer die masker opgesit is, moet dit daar bly totdat dit afgehaal word. Daar word ook gevra dat lede van die publiek nie gesondheidsmaskers moer koop nie aangesien dit deur mense in die voorste linies benodig word.
Intussen het Oudtshoorn Masks4all se meer as 30 vrywilligers reeds honderde tuisgemaakte maskers uitgedeel. Volgens een van die koördineerders, René Lubbe, het hulle slegs op Dinsdag bykans 300 maskers uitgedeel.
Mense wat materiaal wil skenk of by die projek betrokke wil raak kan kontak maak met René by 076 954 6177 en Amanda Pieterse by 082 767 0280.
Personeel van Tuishuis met maskers wat deur Oudtshoorn Masks4all uitgedeel is. Foto verskaf
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'