OUDTSHOORN NUUS - Lee-Roy Olyn en Jacques de Beer is Wesbank-tennisklub se nuwe mansdubbels-klubkampioene nadat hulle vir Louis Uys en Zerwich Westraad Woensdag, 13 September in 'n wipplank eindstryd geklop het.
Uys en Westraad het die eerste stel met 6-4 gewen, maar die tweede met 0-6 verloor na 'n skitterende terugverpoging van hul opponent.
Olyn en de Beer het hierna ook die super uitkloppot met 10-7 gewen om met die louere weg te stap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’