OUDTSHOORN NUUS - As deel van die geveg teen Covid-19 het die Oudtshoorn-munisipaliteit met 'n proses begin om openbare areas in die dorp te ontsmet.
Lede van die brandweer en rampbestuur het Maandag by die taxistaanplek sowel as die polisieselle begin met ontsmetting.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, kommunikasiebeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal die ontsmetting van openbare areas op 'n gereelde basis gedoen word.
Van die areas wat vandeesweek aan die beurt kom is onder andere die stegies en deurlope wat na die taxistaanplek lei, sypaadjies in die sakekern, oop spasies en parkeerterreine in die sakekern sowel as alle munisipale persele.
In dieselfde verklaring sê Mangqwengqwe ook dat wetstoepassers die afgelope naweek 43 kriminele klagtes wat met Covid-19-wetgewing verband hou, gelê het en die SAPD het bykans 170 mense in hegtenis geneem vir oortredings van Covid-19-regulasies.
Volgens hom is twee kerke in Dysselsdorp ook gesluit.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'