OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-polisie is aangewys as die Wes-Kaap se beste landelike polisiestasie van die jaar.
Die toekenning is tydens die jaarlikse Wes-Kaapse prestasietoekennings op Saterdag 27 Oktober in Kaapstad aangekondig.
Nog 'n prestasie vir Oudtshoorn was die tweede plek wat deur die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Oudtshoorn behaal is. Verder het ao. Jakes Jacobs die tweede plek behaal in die kategorie vir lede met gestremdhede.
Brigadier Levona Januari, stasiebevelvoerder, het die lede geluk gewens en al die lede bedank vir hul toewyding en bydrae om misdaad te bekamp.
Brigadier Levona Januarie, kol. Chris Marnewick (links) en kol. Mavis Matole saam met die span wat die toekennings ontvang het. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'