OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) hou op 30 Oktober ‘n markdag by die skut.
Volgens Colleen Smith, stigter van Odin, sien hulle baie uit om die dag saam met Oudtshoorniete te geniet.
“Ons nooi almal om ons markdag by te woon en met die honde te kom stap. Ons honde benodig ekstra liefde en aandag. Ons vra Oudtshoorniete om die dag saam met ons en ons honde te kom geniet. Bring net asseblief ‘n leiband om met die honde te kan stap.”
Toegangsgelde is R20. Die geleentheid vind tussen 09:00 en 15:00 plaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'