OUDTSHOORN NUUS - Die finaal in die jaarlikse Gospel talentkompetisie van die Oudtshoorn Christelike Jeug Forum (OCJF) word komende Sondag 27 Oktober in die kerksaal van die St Simons Anglikaanse Kerk aangebied.
Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder van die forum, was dit weer ‘n moeilike taak om die finaliste te bepaal.
Die kompetisie is ‘n geleentheid wat die Oudtshoorn Christelike Jeug Forum vir jongmense van Oudtshoorn en die distrik bied om blootstelling te kry vir moontlike deelname aan groter kompetisies soos SA's Got Talent en meer.
“Ons het baie talent wat net ontgin moet word,” sê Seroux.
Die geleentheid begin om 15:00 en toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.
Behalwe die optrede van die finaliste, sal die volgende sanggroepe en kore ook Sondagmiddag in die voorprogram optree:
- Die Choraleers,
- Oudtshoorn Korrektiewe Dienste,
- Welgeluk Familiekoor,
- Joey Hufke,
- Lizelle van Hanzen,
- Jim Dido en Vriende,
- Godfrey Lottering en die
- koor van die Polisie Akademie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'