OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het Saterdagaand tydens sy jaarlikse gala-aand in die Toekomsrus-gemeenskapsaal dankie gesê aan al sy borge, vennote en ondersteuners van die afgelope jaar en sertifikate van waardering aan elkeen oorhandig.
Individue, sportklubs en sanggroepe wat die afgelope jaar aan die forum se kompetisies deelgeneem het, is ook met trofeë en sertifikate vereer.
Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder, was dit weereens een van die forum se spogfunksies. Die voorsitter van OCJF, Johnny Baartman, het 'n kort oorsig van die jaar se aktiwiteite gegee en die borge en vennote wat dit moontlik gemaak het, bedank.
Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum is vanjaar vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys as Eden se rekreasie organisasie van die jaar.
Vader Roger Muller van St Simons Anglikaanse kerk, rdl Eva Fortuin (gasspreker), Phillip Busch van die DKD en Mario Jansen van die department maatskaplike dienste. Foto's: Garnett Wicomb.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'