En tydens `n dank- en waarde-ringsaand wat verlede Woensdag by die Thusong-sentrum in Bridgton aangebied is, is elk-een wat `n rol gedurende die jaar gespeel het om die forum se werksaamhede suksesvol te maak bedank.
"Jongmense is die toekoms," was die woorde van die seremoniemeester, bekende radio omroeper Morné Pietersen. "Ons is almal ratte in die masjien en as een van die ratte nie werk nie sal die masjien gaan staan."
Die forum poog om `n netwerk te vestig wat daarop fokus om kinders in gemeenskappe by te staan met positiewe rolmodelle en aktiwiteite. Daar word gepoog om te werk aan aspekte soos kinders se selfbeeld, groepsdruk en ouer-kind verhoudinge.
Johnny Baartman, voorsitter van die forum het vertel dat die forum oor die afgelope drie jaar gegroei het, veral met hul aanbieding van die jaarlikse sportdag. "Soveel mense het aan die begin gekla oor kinders wat die spoor byster raak, maar niemand kon `n oplossing bied nie." Die forum is op 31 Julie 2010 gestig "met die Bybel as grondwet."
Die jaarlikse sportdag, wat tradisionele sporte soos skaloeloe en kennetjie insluit, vind weer op 24 September 2014 plaas.
Die bestuur van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum is, van links, Everton Manewill (Sekretaris), Amonia Loff (Hulp-kassiere), Alistair Wanie (Hulp-sekretaris), Johnny Baartman (Voorsitter), Leonie Plaatjies (Projekkoördineerder) en Philip Seroux (Kassiere).Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'