OUDTSHOORN NUUS - Craig Olivier is aangestel as die nuwe verpleegbestuurder van die Oudtshoorn-hospitaal.
Volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, het Olivier 30 jaar ondervinding in verpleging en 'n liefde om met mense te werk.
Olivier het in beide die privaat en openbare sektor gewerk, en was voorheen in 'n bestuurspos by Paarl-hospitaal.
"Ek hou daarvan om met mense te werk en om spesiale groepe mense te bestuur. Ek glo daaraan om mense te bemagtig en dit sal my benadering in my nuwe pos ook wees. Ek wil positiewe verandering na vore bring. My pa het altyd gesê kommunikasie, konsekwentheid, deernis en selfvertroue is belangrike eienskappe vir 'n leier om te hê, en dit is presies waarna ek streef.”
Lees die volledige berig in die week se koerant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’