Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die opening van die nuwe Shoprite mini- inkopiesentrum in Bridgton was gister, 31 Augustus 'n reusesukses met heelwat beweging wat teen toemaaktyd steeds bespeur was.
Nog twee winkels, Happy 5 Rand Store en 'n drankwinkel, behoort volgens die ontwikkelaar Rutger Boshoff, binne die volgende paar dae hul deure te open.
Fase twee van hierdie inkopiesentrum met nog winkels, begin oor 'n maand of twee.
VIDEO: Drone-beeldmateriaal van die nuwe sentrum ( Video: JMOPRO).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’