KAROO NUUS - Group Editors het verlede week die gesoute joernalis, Liezl van Niekerk, as nuwe redakteur van Oudtshoorn Courant en Graaff-Reinet Advertiser aangestel.
Van Niekerk (33), wat oorspronklik van Robertson is, se aanstelling volg nadat Hugo Redelinghuys, wat drie maande gelede in dié pos aangestel is, na die span by Suid-Kaap Forum geskuif het.
Oor haar nuwe aanstellings sê van Niekerk dat sy baie geëerd voel om aan stuur van 'n koerant met soveel geskiedenis te wees.
Sy het in 2008 by die Universiteit van Potchefstroom haar graad in BA Kommunikasie, en daarna ’n honneursgraad in joernalistiek verwerf.
Sy het haar internskap, as deel van haar honneursjaar, by die Oos-Kaap Burger voltooi.
Lesers kan Van Niekerk by 084 825 0432 kontak of e-pos by liezl@groupeditors.co.za.
Lees meer in Oudtshoorn Courant | Graaff-Reinet Advertiser en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'