OUDTSHOORN NUUS - Tydens Oudtshoorn Tafelronde 33 se algemene jaarvergadering op 9 Maart is die tak as Tafelronde Suid-Kaap se Tafel van die jaar aangewys.
Daarbenewens is Mario Johan Marais aangewys as Tafelronde 33 Oudtshoorn se Tafelaar van 2018 asook Tafelronde Suid-Kaap se Tafelaar van die jaar.
Tydens die jaarvergadering is die tak se nuwe raad vir 2019 ook aangewys.
Die voorsitter is Laurie Boshoff met Mario Johan Marais as ondervoorsitter.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'