OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant het verlede week 'n nuwe lid, Marelize van Dyk, by die bemarkingspan verwelkom.
'n Vakature het ontstaan nadat die vorige verkoopsverteenwoordiger van die koerant, Susan White en haar man na Abu Dhabi verhuis het.
Marelize en haar man, Le Roux van Dyk, is bekende gesigte in Oudtshoorn en is die eienaars van Oasis en Hartskos Restaurant binne die Checkers-gebou.
Marelize het bewese ervaring in bemarking en sy het onder andere vir vier jaar besprekings en bemarking vir die Queens Hotel gedoen.
Marelize sê dat sy baie opgewonde is oor die nuwe uitdaging en kan nie wag om voornemende adverteerders oor 'n koppie koffie te ontmoet nie. Kontak gerus Marelize by 084 582 3343 of e-pos na marelize@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'