OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Shelter for Homeless People, voorheen bekend as die Shelter for Abused Women, se nuwe direksie is Woensdagoggend deur die uitvoerende onderburgemeester, Noluthando Mwati, aangekondig.
Pat Blaauw, bestuurder by die munisipale departement spesiale programme (direktoraat strategiese dienste), sê die aanstelling van die nuwe direksie volg na alles nie vlot verloop het in die verlede nie.
"Finansiële verslae is nie ingedien nie en dit was nodig vir ons om in 2017 te begin met die beplanning van 'n nuwe hoofstuk om die gebou effektief aan te wend.
"Van daar die naamsverandering en aanstel van 'n nuwe direksie."
Die direksie is Jason Pietersen (voorsitter), Hester Grint (addisionele lid), Ferdinand Hector (sekretaris), Marcellus Theyse (tesourier), Deon Manuel (addisionele lid) en Martha John (ondervoorsitter).
Met die bekendstelling van die nuwe direksie vir die Oudtshoorn Shelter for Homeless People, is van links: Pat Blaauw (munisipale bestuurder spesiale projekte), Louis Booysen (Oudtshoorn Municipality), rdsl. Raymond Wildschut, onderburgemeester Noluthando Mwati, Jason Pietersen (voorsitter), Ferdinand Hector (sekretaris) en Deon Manuel (addisionele lid). Foto: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'