LADISMITH NUUS - Ladismith-polisiestasie het verlede week hul nuwe bevelvoerder amptelik verwelkom.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie is luitenant colonel Pauline Kriel die eerste vroulike bevelvoerder by die stasie.
Kriel het 31 jaar diens in die polisie en het voorheen by die Eden-kluster gewerk.
Haar aanstelling volg na die vorige stasiebevelvoerder, kol. Jakobus Mathinus, in Desember 'n bevorderingspos in Brackenfell aanvaar het.
" Generaal Majoor Oswald Reddy, Eden-kluster bevelvoerder het lt.kol.
Pauline Kriel hartlik verwelkom en gesê hy hoop dat sy tuis sal voel by haar nuwe stasie. Ons het ook saam met haar 'n bosberaad gehad waar ons die misdaad vir die laaste 10 maande ontleed het en idees uitgeruil om beter resultate te verkry."
Die gemeenskap is welkom om haar te besoek op kantoor of haar by 082 778 6683 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'