OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant het sedert die begin van die maand nuwe bemarkers.
Shanel Mirza is 'n bekende gesig in Oudtshoorn en woon al 24 jaar hier. Sy is getroud met besigheidsman, Ali Mirza van The Gadget World, en het drie kinders.
Sy was jare in die telekommunikasie-industrie en het jare se ervaring in verkope en bemarking.
"My stokperdjies is arts and crafts, om tyd saam met my gesin te spandeer en 4x4 te ry."
Mirza sê sy het 'n passie daarvoor om met mense te werk.
"Ek loop altyd die ekstra myl vir my kliënte en werk regtig hard om hulle gelukkig te maak en die beste diens te lewer wat ek kan."
Christine Lowe is nuut in Oudtshoorn en het onlangs van Johannesburg verhuis. Sy het twee dogters, waarvan een by Cango Wildlife Ranch werk.
"Ek het jare in die toerisme- en gasvryheidsindustrie met verkope en bemarking gewerk. Ek het baie gereis en met toergidse gewerk. Ek is mal oor mense en my verhouding met kliënte is vir my regtig belangrik."
Lowe sê sy het na Oudtshoorn verhuis omdat sy reg was vir 'n nuwe uitdaging. Sy is mal oor sport en oefen graag en is ook 'n kranige muurbalspeler.
Om advertensies te plaas kan Mirza by 074 828 9939 of Lowe by 084 877 3996 geskakel word.
Of kontak hulle by 044 272 8918 of stuur ’n e-pos na shanel@groupeditors.co.za of christine@groupeditors.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’