OUDTSHOORN NUUS - Garnett Wicomb, bekende vryskutjoernalis en kranige meesterstennisspeler het verlede week ‘n noue ontkoming gehad toe hy sowat vier meter van ‘n balkon geval het.
Volgens Wicomb was hy verlede Donderdag op sy huis se balkon besig met onderhoudwerk toe twee planke van die reling meegegee het.
Hy sê hy was gelukkig om eers op ‘n gedeelte van ‘n voëlhok te val en nie direk tot op die grond nie. Daarna het sy kop ‘n vensterbank getref.
Hy het ‘n kopwond opgedoen wat met ses steke geheg is, en sy rug en skouer beseer. Een van sy rugwerwels is beseer, maar volgens sy dokter is ‘n operasie nie nodig nie.
“Ek is seker dat as dit nie vir die voëlhok was nie ek moontlik my nek kon gebreek het. Dankie Vader, dit is regtig net Genade dat ek nie erntiger seergekry het nie,” het hy hierdie week gesê waar hy by sy huis aansterk.
Die gebuigde raamwerk van die voëlhok waarop hy Wicomb beland het toe hy van sy balkon afgeval het. Foto’s verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'