Update
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 200 mense wat Sondag 'n kerkdiens in die Jesus-tent by die De Jager-sportterrein bygewoon het, kon daarin slaag om ongedeerd uit te kom toe 'n sterk rukwind die tent van sy stutpale afgeruk het.
Volgens pastoor Corrie Greeff van One-Life bediening op Oudtshoorn was die diens byna verby toe die wind skielik die tent oplig.
"Ons was besig met die slotlied toe 'n verskriklike wind skielik die groot tent oplig. Gelukkig was een deel van die tent oop vir vars lug en almal kon baie vinnig uitkom."
Volgens hom het twee mense ligte beserings opgedoen. "Ek het net lof vir die nooddienste, hulle was blitsvinnig op die toneel," het hy Sondag aan die Oudtshoorn Courant gesê. Dit blyk dat die wind die tent van een van die hoofstutpale afgelig het waarna die paal omgeval het. Ander stutpale is deur die wind en die gewig van die tent geknak.
Die wind het verskeie bome op Oudtshoorn ontwortel, lamppale en heinings omgewaai en dakke van huise by Volmoed afgeruk.
Lees 'n berig oor die naweek se reën op bladsy 4 van vandag se Oudtshoorn Courant.
Een van die dik stutpale wat soos 'n groentak deur die wind en gewig van die tent geknak is. Foto's: Hannes Visser
Lees 'n vorige artikel: Twee lig beseer in sterk wind
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'