OUDTSHOORN NUUS - Twee mans in 'n dubbelkajuitbakkie is hospitaal toe geneem nadat hulle bakkie op die Kruisrivierpad omgeslaan het.
Hulle was onderweg terug na Oudtshoorn nadat hulle gemeentelede na 'n kerkdiens plaas toe geneem het.
Die bakkie het ongeveer 2km voor die aansluiting met die R62 in 'n draai gegly en die pad verlaat.
Dit het 'n sloot met die voorkant getref, omgeslaan en weer op die wiele geland.
Volgens familielede wat op die toneel hulp verleen het, het die insittendes geen wonde opgedoen nie, maar wel gekla van lyfpyn.
Hulle is deur paramedici op die toneel behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.
Die insittendes is deur paramedici op die toneel behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'