OUDTSHOORN NUUS - Twee moorde het die afgelope week in die Groter Oudtshoorn-omgewing plaasgevind en dit bring die aantal moorde oor die afgelope ses maande op 11 te staan.
Hierdie moorde het onderskeidelik op Dinsdag 4 Julie in Dysselsdorp en Saterdag 8 Julie in Oudtshoorn plaasgevind.
In beide gevalle is verdagtes in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.
In Dinsdag se voorval het Dysselsdorp-speurders, volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, 'n moorddossier geopen na die dood van Damon Marnewick (54).
Spies sê dat Marnewick omstreeks 17:15 in Asterstraat gevind is met 'n meswond aan sy bors.
Na afloop van Saterdag se voorval ondersoek Oudtshoorn-speurders die dood van 'n 34-jarige man nadat sy liggaam in 'n voertuig in Dertiendelaan, Bongolethu omstreeks 23:15 gevind is.
Die man is met steekwonde aan sy bors en nek gevind. Sy identiteit is nog nie bekend nie.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’