OUDTSHOORN NUUS - Cango Wildlife Ranch het vanjaar die eerste prys in die mees gevestigde besigheid-kategorie by die 2017 Premier's Entrepreneurship Recognition Awards (PERA) gewen.
Volgens Charleen Boshoff, bemarkingsbestuurder, is dit die Wes-Kaap se mees gesogte kompetisie wat uitnemendheid in entrepreneurskap vereer.
"Die kompetisie is deur die Wes-Kaapse regering aangebied.
"Deur erkenning aan suksesvolle entrepreneurs te gee, help hierdie toekenningskompetisie om 'n kultuur van entrepreneurskap in die Wes-Kaap te bou."
Volgens haar was daar vanjaar 227 inskrywing in die vyf beskikbare kategorieë.
"Cango Wildlife Ranch het dit na die finale ronde gemaak en 15 finaliste het die geleentheid gekry om hul besigheid aan 'n onafhanklike paneel voor te lê.
Die beoordelaars het gesê dat daar baie diverse besighede ingeskryf het en dat hulle geweldig beïndruk was met die passie en toewyding van die finaliste."
Hugo du Plessis, bedryfsdirekteur van die Cango Wildlife Ranch, met hul toekenning wat hulle by PERA ontvang het.
Verteenwoordigers van PERA het self 'n besoek aan Cango Wildlife Ranch gebring.
"Dit is vir ons 'n groot eer om hierdie toekenning te ontvang," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'