Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van 'n Nigeriese burger, wat met tik van meer as R3 miljoen in sy besit betrap is, is Vrydag in die landdroshof op Oudtshoorn vir die kruisondervraging van die ondersoekbeampte tot volgende maand uitgestel.
Adjudant-offisier Jacobus Groenewald het getuig dat die beskuldigde, Samuel Orama, per bus van Johannesburg tot in Port Elizabeth gereis en vandaar na Kaapstad geryloop het.
Die motor waarin hy 'n passasier was is op Maandag 8 Mei 2017 op die George-pad net buite Oudtshoorn deur die polisie voorgekeer en deursoek.
'n Rooi sak wat aan Orama behoort het met tik ter waarde van sowat R3,6 miljoen daarin, is in die bagasieruim gevind waarna Orama pro-beer weghardloop het.
Die klagtes teen die drie ander mans in die voertuig is deur die staat teruggetrek omdat hulle volgens Orama niks met die aan-geleentheid te doen het nie.
Groenewald het borgtog teengestaan.
Orama se regsverteenwoordiger, Theleshia Piedt van Coetzee en Van der Bergh Ingelyf, het die hof versoek om borgtog toe te staan omdat Orama onder andere oor 'n vaste adres en werk beskik.
Hy is ook nie 'n vlugrisiko nie en sal sy hofverskynings bywoon.
Landdros Lorraine Samuels het die borgaansoek tot 1 Augustus uitgestel.
Lees vorige artikels hier:
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'