Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die borgtogaansoek van 'n Nigeriese burger, wat met tik van meer as R3 miljoen in sy besit betrap is, is Vrydag in die landdroshof op Oudtshoorn vir die kruisondervraging van die ondersoekbeampte tot volgende maand uitgestel.
Adjudant-offisier Jacobus Groenewald het getuig dat die beskuldigde, Samuel Orama, per bus van Johannesburg tot in Port Elizabeth gereis en vandaar na Kaapstad geryloop het.
Die motor waarin hy 'n passasier was is op Maandag 8 Mei 2017 op die George-pad net buite Oudtshoorn deur die polisie voorgekeer en deursoek. 'n Rooi sak wat aan Orama behoort het met tik daarin, is in die bagasieruim gevind waarna Orama probeer weghardloop het.
Die klagtes teen die drie ander mans in die voertuig is deur die staat teruggetrek omdat hulle volgens Orama niks met die aangeleentheid te doen het nie.
Groenewald het borgtog teengestaan.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: R3,2 miljoen tiksaak: Borgaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutse Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'