OUDTSHOORN NUUS - Die NG Kerk Oudtshoorn-Suid herdenk Sondag 13 Oktober, die vyftigste bestaansjaar van die kerkgebou.
Een van die gemeente se oudpredikante, ds. Abrie Botha, sal die gedenkdiens om 09:00 lei.
Tydens die erediens gaan daar ook van die klankopnames van die ingebruikneming van die kerkgebou 50 jaar gelede, gespeel word en daar sal 'n fotouitstalling in die kerk se voorportaal wees. Na afloop van die diens word 'n gedenksteen onthul.
Tydens die hoeksteenlegging 50 jaar gelede is 'n koperhouer met interessanthede van 1969 ingemessel. Dié hoeksteen word op Saterdag 12 Oktober om 09:00 uitgehaal en die koperhouer word dan oopgemaak. 'n Gedenkkoffiebeker met die kerk se embleem kan teen R120 by die kerkkantoor by 044 2791900 bestel word.
Alle lidmate en oudlidmate en belangstellendes word genooi om die diens om 09:00 op Sondag 13 Oktober by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'