OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-besigheidskamer se netwerkaand wat op 29 September by Klein Karoo Toyota se perseel gehou is, is weer deur talle lede bygewoon.
Tydens die netwerkaand het Abri Ferreira, voorsitter van Oudtshoorn-besigheidskamer lede genooi om die gala-aand, waartydens Neil Steinmann as gasspreker gaan optree, by te woon.
"Goeie nuus is, ons dorp is aan die gang, toerisme tel op, busse staan rond en gastehuise se syfers tel op, ek is dankbaar daarvoor," het Ferreira gesê.
Chris Macpherson, Oudtshoorn-burgemeester, het ook die netwerkaand bygewoon.
Nuwe lid: Joe en Salomi Claassen - Poelano Executive Tours
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'