KAROO NUUS - Na aanleiding van die foto van Beatie en Danie le Roux van Mosselbaai se rare iceberg roos wat verlede week in die Mossel Bay Advertiser gepubliseer is, het Mariaan Scheepers 'n foto van 'n soortgelyke roos in haar tuin aan die Advertiser gestuur.
Mariaan vertel dat sy tussen haar twee huise, een in Tergniet en die ander in Boksburg werk en dat sy 'n soortgelyke roos in haar Boksburg-tuin het.
"Ek het 'n maroen (burgundy) iceberg-roos in my tuin terwyl my bure se wit roosboom sowat 5m van my iceberg geplant is en siedaar dieselfde rare verskynsel."
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser: Rare verskynsel
'Ons bring jou die nuuste Karoo nuus'