OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant verwelkom 'n nuwe lid by die bemarkingspan.
Rochelle Murphy, wat reeds etlike jare met haar man, Nathan, en gesin in Oudtshoorn woon, is vanaf 1 Januarie as verkoopsverteenwoordiger by die koerant aangestel.
'n Vakature het ontstaan nadat Letitia de Lange na Kaapstad verhuis het.
Rochelle is 'n dinamiese bemarker met bewese ondervinding en sê sy is opgewonde oor haar nuwe uitdaging en ook om op 'n ander vlak by Oudtshoorn se sakegemeenskap betrokke te raak.
Sy en haar man was Woensdag deel van Oudtshoorn se jubelende ouers nadat hulle jongste seun, Ethan, sy matriekuitslae by Struisies ontvang het. Rochelle se kontaknommer is 044 272 8918 en haar eposadres is rochelle@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein karoo nuus'