Op 'n vraag waarom die naamsverandering in die middel van die jaar plaasvind sê sy dit is 'n strategiese besluit aangesien die WKOD in Augustus met grootskaalse opknappingswerk ter waarde van miljoene rande by die skool begin. "Dit maak net sin om ons nuwe naam en nuwe beeld reeds in plek te hê wanneer die opknapping begin.