Piet Fourie, of Oupa Piet soos vriende en familie hom noem, se 90ste jaar is op Saterdag 18 Oktober by Nostalgie Restaurant gevier.
Oupa Piet het op die plaas Janfourieskraal tussen Oudtshoorn en Calitzdorp groot geword en die grootste gedeelte van sy lewe in die Oudtshoorn-omgewing deurgebring.
Die oudonderwyser van Laerskool Van Reede en ouddosent van die Onderwyskollege het onder andere ook in Oranjemund, Durban en Oos-Londen gewoon en het tot voor sy aftrede geboer.
Hy het vyf kinders Rosamund Walters, Leon Fourie, Robin Fourie, dr. Ian Fourie (oorlede) en Julienne Glaister, en nege kleinkinders met een agterkleinkind en binnekort 'n tweede.
Volgens 'n familielid is hy nog baie aktief en kuier gereeld saam met vriende en familie.
Oupa Piet by familielede tydens die viering van sy nege dekades by Nostalgie Restaurant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'