OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die sesde Prins Albert-leesfees vind vanjaar vanaf 3 tot 5 November weer in die Jans Rautenbach Schouwburg plaas.
Vanjaar word meer gefokus op musiek, sê die komitee.
En behalwe die skryfskool vir leerders op Saterdag 4 November, aangebied deur die jeugskrywer Anzil Kulsen, is daar ook 'n slypskool vir volwassenes, aangebied deur prof. Bernard Odendaal en prof. Hans du Plessis, hoof van die ATKV-skryfskool. Die tema is: Die skryf van prosa/Writing prose.
Twee musiekhoogtepunte vanjaar is die optrede van die groep Tribal Echo (olv Frazer Barry), op Vrydagaand 3 November by die Schouwburg, en van die sanger-komponis Laurinda Hofmeyr, die baskitaarspeler Schalk Joubert en vier Wes-Afrikaanse sangers in Afrique mon desír/Afrika my verlange op Sondag 5 November in The Showroom Theatre.
Tribal Echo se aanbieding is: 'n Huldeblyk aan Adam Small/A tribute to Adam Small.
Frazer en Deniel Barry (Tribal Echo).
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'