OUDTSHOORN NUUS - Behalwe dat die KKNK die land se eerste Afrikaanse fees was en die moederfees is van talle ander feeste op koppies, in bosse, op universiteitsdorpe en selfs op skepe op die waters, is dit ook 'n fees van vele ander eerstes.
Hier is 'n paar feeseerstes:
- Die KKNK is die eerste fees in die land wat deur 'n munisipaliteit tydens 'n spesiale raadsvergadering die vryheid van die dorp ontvang.
- Die eerste fees wat ouderdomsbeperkinge op uitstallings en produksies geplaas het.
Daar was drie kategorieë:
• Melkbaard (MB) geskik vir volwassenes en kinders,
• Stoppelbaard (SB) nie geskik vir kinders nie en krapperige elemente bevat en
• Hardebaard (HB) slegs vir volwassenes omdat dit enigiets kan bevat.
• Die eerste Afrikaanse feeskoerant Krit raak in 1996 deel van die KKNK en dink jaarliks gekkeighede op 1 April uit. Van die Kritberigte wat op gekkedag mense na hule harte laat gryp het was onder andere dat Malvolstruissiekte in Oudtshoorn uitgebreek het, die KKNKsou na George skuif, Dowwe Dolla verwag Robbie Wessels se baba na 'n aandglipsie, Julius Malema gaan op die grootverhoog optree en daar heers in groot kommer oor die aantal ongehude moeders landwyd wat presies nege maande na die KKNK geboorte skenk. Die probleem noop Krit om op 1 April 2000 gratis ko0ndome saam met die koerant te versprei.
• Die eerste uitstalling met naakstudies deur Jan Visser laat feesgangers na asem soek.
• Openbare verset met geweld vind vir die eerste keer plaas toe 'n groepie onnadenkende en moontlik besope jong mense by 1997 se Kaktus op die vlaktes vir Johannes Kerkorrel en Miriam Makeba met bierblikke gooi terwyl hulle op die verhoog was. Makeba en haar orkes het die verhoog verlaat en Soli Philander wat die aankondigings gemaak het, het ook geweier om verder op te tree.
• Steve Hofmeyr word in 2002 gekonfronteer met sy swak smaak in skoene en slaan byna vir Jan-Jan Joubert. Dit nadat 'n resensent van Krit min gepla is met sy optrede en eerder fokus op sy "hiper-k&k skoene" en die feit dat hy stroperig was om kindertjies te gebruik vir sy liedjie oor sy ma. Joubert was toe die redakteur van Krit en Steve het gedreig om hom te slaan, maar het hom weerhou want, "ek is moeg om mense te moer".
• Kurt Darren ontvang in 2002 tydens die Afskop-konsert sy eerste goue toekenning. (Hy het Meisie-Meisie gesing)
• KKNK 2000 was ook die land se eerste fees in die nuwe millennium.
• In 2001 is Madiba die eerste demokratiese president van die land wat die fees besoek.
• Oudtshoorn het vir die eerste keer 'n strand gekry. Ongeveer twee ton seesand is in 2006 aangery en op die verhoog van die burgersentrum gegooi vir die verhoogstuk Altyd Jonker wat ook die jaar se gewildste produksie was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'