Video
PRINS ALBERT NUUS EN VIDEO - Een van vyf bekende beeldhouwerke in Prins Albert het Vrydagnag weens ouderdom omgeval.
Die reeks beelde, Die burgers van Prins Albert, is in 2007 uit die stamme van bloekombome langs die hoofstraat gekerf.
Die bome was toe 130 jaar oud. Absa het destyds die projek geborg. Die beeldhouer was Richard John Forbes en hy het vier helpers gehad.
Hulle was Leon Campher, Jeffrey Armoed, Willem Swanepoel en Jaco Stalmeester.
Munisipale werkers het vanoggend die oorskot van die "burger" opgeruim.
Kyk 'n video hieronder:
Die vier oorblywende "burgers" van Prins Albert.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'