Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mossel Bay Advertiser gesels met Lukas du Preez wat vanoggend, 23 Julie soos vroeër vandeesweek vir sy vrou Marinda musiek maak op sy trekklavier buitekant die Covid-19-saal.
LEES OOK: Serenading at Hospital again
Die Advertiser gesels ook met Charlotte Barnard, administratiewe klerk in die hospitaal wat die eerste video van du Preez geneem het terwyl sy gewag het vir haar skof om te begin.
Die Advertiser het, met Barnard se toestemming die eerste video van Du Preez se optrede op Woensdag, 21 Julie na sy eerste optrede by die hospitaal op sosiale media versprei, waarna dit wêreldwyd aftrek gekry het.
Du Preez het aan die Advertiser gesê hy doen dit vir sy vrou en al die ander pasiënte wat tans Covid-19 het. Twee pastore en familie het saam met du Preez gebid vir Marinda en ander pasiënte.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'