OUDTSHOORN NUUS - Prosesse om 'n risikobestuurder aan te stel was na twee pogings onsuksesvol.
Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, het aan die raad verduidelik dat die eksterne oudit die belangrikheid van 'n risikobestuurder onderstreep het.
"Na twee pogings kon ons nie 'n geskikte risikobestuurder vind nie.
"Tender spesifikasies is nou opgestel om deur 'n diensverskaffer 'n risikobestuurder aan te stel".
Paulse het die raadslede en senior amptenare gevra om plaaslike risikobestuurders aan te moedig aansoek te doen.
"Ons wil graag iemand van Oudtshoorn aanstel, om plaaslike werkskepping te ondersteun.
Die aanstel van 'n risikobestuurder is deel van die munisipaliteit se finansiële herstelplan.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'