OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het verlede week 'n donasie van R20 000 aan die Suid-Afrikaanse Tafeltennisfederasie gemaak.
Die tafeltenniskampioenskappe gaan hierdie jaar vir die eerste keer op Oudtshoorn vanaf 22 tot 28 September by die De Jager-sportkompleks plaasvind.
Noluthando Mwati, waarnemende burgemeester, het dié federasie gekomplimenteer met hulle werke, veral die feite dat hulle so baie moeite doen met die jong mense.
Sy het ook beklemtoon dat meer jongmense blootgestel moet word aan sport omdat dit help om die misdaadsyfer in ons gemeenskappe te verlaag.
Mwati het die federasie en spelers sterkte toegewens met woorde van Madiba-"'n Wenner is 'n dromer wat nooit tou opgee nie".
"Hierdie geleentheid is histories en ons is bly om dit op Oudtshoorn te kan hê," het die voorsitter van die Eden-tafeltennisfederasie, Garshen Williams, in sy spreekbeurt gesê tydens die tjekoorhandiging wat ook deur verskeie raadslede bygewoon is. Volgens hom sal al nege provinsies kompeteer insluitend Botswana. Meer as 800 jong spelers sal hierdie geleentheid bywoon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'