Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het klagte van betreding teen verskeie groepe gelê wat die afgelope drie weke onwettig op oop stukke grond begin plak het.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, het die munisipaliteit Maandag die klagte gelê.
Die Oudtshoorn Courant het verlede week berig oor groepe mense wat in Toekomsrus langs Petunialaan, Bridgton in Weyerslaan en langs die sirkel in Zebraweg in Bongolethu strukture begin oprig het.
Saam met die besetters langs die gholfbaan is daar tans ongeveer 200 "erwe" waar tydelike skuilings opgerig is of waar mense beplan om strukture op te rig.
Volgens Mangqwegqwe het die lê van die klagte gevolg nadat die munisipaliteit regsadvies oor die grondbesetting ingewin het.
Daar is hierdie week ook 'n oudit gedoen om te bepaal wie die wettige eienaars van die besette grond is.
Intussen het verskeie besetters aangedui dat hulle enige pogings om hulle te verskuif sal teenstaan.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'