OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse provinsiale tesourie het R1 miljoen bewillig om munisipale watermeters in Oudtshoorn te vervang met elektroniese watermeter toestelle en voorafbetaalde toestelle.
In die aanbeveling om die toestelle te vervang, voer die departement finansies aan dat baie wonings en besighede se meterlesings nie gedoen kan word nie, omrede hekke gesluit is of honde verhoed dat meterlesers by die meters kan uitkom.
Die verslag lees ook dat inbel lesings onakkuraat is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'