OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep ontstelde klein-kontrakteurs het vanoggend die munisipale kantore binne gegaan om die waarnemende munisipale bestuurder te sien.
Nadat die groep toegang verkry het, is die deure tydelik vir die publiek gesluit.
Volgens een kontrakteur wat buite die gebou was, is hulle ontevrede omdat daar glo kontrakte aan hulle belowe is, wat nie gerealiseer het nie.
Die Oudtshoorn Courant het met 'n groep by 'n sy-ingang probeer praat, maar hulle het geweier om kommentaar te lewer.
Sover vasgestel kan word, is 'n groep van die kontrakteurs tans by die kantoor van die munisipale bestuurder.
Die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, het onderneem om inligting te verskaf sodra hy terugvoer vanaf die munisipale bestuurder of die burgemeester ontvang.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'