OUDTSHOORN NUUS - Die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe het die munisipaliteit se medelye betuig met die afsterwe van Pumzo Tofile (55) aan Covid-19-verwante oorsake.
Tofile was sedert 2012 die munisipaliteit se hoof van regsdienste en is Saterdag in Kaapstad in die hospitaal oorlede.
Hy laat sy vrou en twee kinders, een van 10 jaar en een van 23 maande, agter.
Dit is die eerste sterfgeval van 'n munisipale amptenaar van Oudtshoorn-munisipaliteit as gevolg van Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'