TUINROETE NUUS - Jerry Motsau en Danielle Verster het eerste in die mans- en vroue-afdeling geëindig tydens die derde en laaste been van die Eden-straatmylreeks wat in Hartenbos aangebied is.
Die ATKV Hartenbos-straatmyl is ook die oudste straatmyl in Suid-Afrika.
Die wenner van die eerste twee wedlope in dié reeks, Ryan Mphahlele het besluit om nie vir die Hartenbos-wedloop in te skryf nie. Hy het verduidelik dat hy in 2018, toe hy wel aan al drie wedlope deelgeneem het, gesukkel het om te herstel weens die intensiteit van dié wedlope wat binne ‘n bestek van vyf dae plaasvind.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Jerry Motsau. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'