OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke maan motoriste wat tydens die KKNK na Oudtshoorn toe kom om versigtig en geduldig te wees op die roete tussen De Rust en Oudtshoorn.
Die twee gedeeltes tussen Dyssesldorp en Oudtshoorn waar slegs eenrigting verkeer moontlik is, sal nie binne die volgende paar maande oopgestel word nie. Stop/ ry beheerpunte is steeds van krag.
Daar is nog nie weer met die padwerke begin nadat die vorige kontrakteur aansoek om likwidasie gedoen het nie.
Volgens Byron la Hoe, woordvoerder van die deprtement, is die proses om ‘n nuwe kontrakteur aan te stel tans aan die gang.
Die twee gedeeltes tussen Dyssesldorp en Oudtshoorn waar slegs eenrigting verkeer moontlik is, sal nie binne die volgende paar maande oopgestel word nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'