OUDTSHOORN NUUS - 'n Onverwagte massarit deur bykans 100 motorfietse het die vrywilligers van die Oudtshoorn-diereskut Sondag oorweldig.
Volgens Colleen Smith van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) was die rit die uitvloeisel van 'n plasing op die Facebook-blad van Kingswood Golf Estate, George.
Die blad het 'n versoek om skenkings vir Odin geplaas en Tinus Linde van die Excalibur-motorfietsklub het daarop reageer. Smith sê Linde het al die motorfietsklubs in die streek genader om deel te neem aan 'n Blanket and food run.
"Ons het hoendervleis gekry toe ongeveer 100 motorfietse en ander voertuie vol voorraad Sondag by die skut opdaag," het sy gesê.
Die skut word hoofsaaklik deur Odin gebruik om diere wat uit hulle omstandighede gered is te huisves totdat hulle na die aannemingseenheid in George oorgeplaas kan word.
Lees meer in Donderdag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'