Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Motorfietsryer het vanoggend skaafwonde en kneusplekke opgedoen in 'n botsing met 'n munisipale voertuig.
Volgens die motorfietsryer was hy met Voortrekkerweg op pad, in die rigting van die sportgronde, toe die munisipale bakkie by die munisipale gebou weggetrek en reg voor hom ingery het.
Die motorfiets het die bakkie net agter die bestuurder se deur getref. Die motorfietsryer het afgeval en ook die bakkie met sy lyf getref.
Nadat hy deur paramedici behandel is, kon hy die motorfiets weer aan die gang kry om huis toe te ry. Die bestuurder van die bakkie is ook deur die paramedici ondersoek, maar dit blyk dat hy nie beseer is nie.
Kyk 'n video hieronder:
Polisie en paramedici op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'