Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 100 motorfietsryers van oor die Suid-Kaap heen het Sondag by De Braaikraal restaurant bymekaargekom vir die jaarlikse “Blanket Run”.
Die motorfietsryers het om ongeveer 11:30 na Swartberg Country Manor vertrek waar elke leerder van Voorbedacht Primêr ‘n kombers ontvang het. Die Blanket Run was vanjaar ‘n gesamentlike projek van die Warlocks motorfietsklub, die Christian Motorcycle Association (CMA) en De Braaikraal.
Die behoefte van Voorbedacht Primêr se kinders het onder die aandag van eienaars van De Braaikraal gekom nadat ‘n leessentrum vir die skool verlede maand by Swartberg Country Manor geopen is.
Inwoners en sakemense van die dorp is gevra om die landelik skool met omtrent 80 leerders in gedagte te hou indien projekte beplan word. Die groep motorfietsryers het die kinders by Swartberg Country Manor ontmoet waar komberse en wintersklere wat geskenk is, oorhandig is.
Wessels Bower (Snr) en Wessels (jnr) Sondag by die motorfietse voor De Braaikraal.
Die leerders van voorbedacht Primêr sing vir die besoekers.
Pastoor Paul Williams van die CMA gesels met die kinders.
Dertig van die komberse is deur leerders van Langenhoven Gimnasium geskenk en Winston Linford Motos het ‘n bakkie beskikbaar gestel om die komberse en klere te vervoer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'