OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Rose Valley op Oudtshoorn, wat aan voertuigdiefstal skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn-streekhof vyf jaar gevangenisstraf opgelê waarvan 'n gedeelte voorwaardelik opgeskort is.
Henry Ruiters (32) het erken dat hy op 21 Maart vanjaar die motorfiets van Johannes Potgieter op Buffelsdrift uit 'n stoor gesteel het.
Volgens hom was hy onder die invloed van alkohol en die motorfiets geneem om by familie op Oudtshoorn te gaan kuier. Hy is nog dieselfde dag in hegtenis geneem.
Fortuin se regshulpprokureur, Cindy Murray-Smith, het die hof vir 'n vonnis gevra waarvan 'n gedeelte opgeskort word. Die motorfiets is nog dieselfde dag teruggevind.
Die staatsaanklaer, Brandon Smith, het nie die versoek teengestaan nie, maar gemeld dat Ruiters aan 'n ernstige misdryf skuldig bevind is en die motorfiets wel beskadig is.
Streeklanddros Sylvia Mandla het Fortuin tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan twee jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'