Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Bestuurder wat beheer oor haar voertuig verloor het, het pas in 'n OTM vasgery.
Die OTM is in die Pick n Pay parkeerterrein.
Niemand is beseer nie.
Volgens die bestuurder is dit nie haar motor nie.
Sy is nie gewoond aan 'n outomatiese motor nie. Sy wou rem en het per abuis die versneller getrap.
Die slag het nie die masjiene beskadig nie.
Sekerheidspersoneel is op die toneel om toegang tot die kluise te verhoed.
'n Sekerheidsvoertuig is onderweg om die kontant uit die kluise te haal sodat herstelwerk aan die struktuur gedoen kan word.
Kyk 'n video hieronder.
Die beskadigde agterkant van die OTM.
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'