OUDTSHOORN NUUS - 'n Motoris wat die afgelope naweek 'n tuinmuur van 'n woonstelblok in Voortrekkerweg platgery het, het oomblikke na die ongeluk homself uit die voete gemaak.
Volgens sers. Gretchen Micheals het die bestuurder van die voertuig uit Parkweg gery toe die ongeluk gebeur het.
Die bestuurder het regoor Voortrekkerweg gery waarna die motor deur die muur is.
"Geen saak word op die stadium ondersoek nie," het Micheals gesê.

Die bestuurder het vinnig weggehardloop.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'