OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van 'n VW Golf wat vanaf Calitzdorp na Oudtshoorn onderweg was, het hoofbeserings opgedoen toe die motor verskeie kere gerol het.
Volgens inligting wat ontvang is, het sy vir 'n dier in die pad uitgeswaai en op die skouer van die pad beland waarna die motor gerol het.
Sy is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die ongeluk het omstreeks 11:30 naby De Hoop plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'