Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Ford is op 'n botsingstoneel vir skok behandel en vir waarneming hospitaal toe geneem.
Die botsing het om ongeveer 13:00 op die R62, skaars 'n kilometer buite die dorp, gebeur.
Volgens bandmerke, het die motor eers op die grondstrook links van die pad beland waarna dit oor die ryvlak geswenk het en op die regterkantse grondstrook beland het en omgeslaan het.
Die bestuurder was alleen in die motor.
Kyk 'n video hieronder:
Die botsing het om ongeveer 13:00 op die R62 skaars 'n kilometer buite die dorp gebeur.
Die bestuurder van 'n Ford is op 'n botsingstoneel vir skok behandel en vir waarneming hospitaal toe geneem. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'