Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee persone is per ambulans na die George-hospitaal geneem na hul motor ongeveer 20 kilometer vanaf Oudtshoorn op die George-pad gerol het.
Die voorval het vanoggend (Saterdag 19 Mei) kort voor 11:00 plaasgevind,
Slegs een motor was in die voorval betrokke.
Volgens omstanders op die toneel is al drie insittendes Oudtshoorniete.
Dit blyk asof die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het toe hy in ‘n skerp draai was. Die motor het aan die teenoorgestelde kant van die pad in ‘n sloot te lande gekom.
Die bestuurder is nie beseer nie.
Kyk 'n video hieronder.
Dit bleik asof die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het toe hy in ‘n skerp draai was.
Slegs een motor was in die voorval betrokke.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'